Invia Gemeente

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editora: Podcast
  • Duração: 169:09:10
  • Mais informações

Informações:

Sinopse

InVia is a contemplative community based in Cape Town and Stellenbosch. We passionate about the journey of transformation in wholeness.

Episódios

  • Goeie Vrydag: 'n Kruispad deur Theo Geyser

    22/04/2022 Duração: 13min

    Wat sou Johannes bedoel het as hy sê: "They will look upon him whom they have pierced." (Joh. 19:37). Dit is woorde wat hy leen uit Sag. 12:10 wanneer hy sê dat ons na die een sal kyk wat doodgemaak is. Hoekom kyk? Waarna kyk? En, wat sien ons wanneer ons kyk? Wat verteenwoordig die beeld? Daar was daardie dag ‘n legio menings oor wat die beeld van die een wat hang aan ‘n kruis beteken. Was hy ook ‘n rower? Politieke bevryder? Kwaadstoker? Geestelike leier? Of ‘n kansvatter? Ons gaan kyk na een van die beelde in Johannes 12:32 wat ons uitnooi om reg na die kruis te kyk. Jy gaan altyd twee goed sien, ‘n DOODLOOPSTRAAT of ‘n KRUISPAD. Die einde wat niks beteken nie, of eerder nuwe begin?

  • Energie, ontploffing, alchemie - die dood kon dit nie vashou nie // 17 April 2022

    18/04/2022 Duração: 27min

    Energie, ontploffing, alchemie - die dood kon dit nie vashou nie 17 April 2022 Preek deur Frieda van den Heever Skriflesing: Rom 8:15-17 (Message) Dankie vir almal wat gee en gee en gee en ons help om hierdie gemeenskap te bou en te onderhou! Om hierdie week by te dra kliek hier: pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • Die Pad Wat Min Loop: Voor jou dood... deur Frieda van den Heever

    11/04/2022 Duração: 15min

    ... die titel is dalk misleidend. Ons almal stap dié pad. Almal se lewens hang aan 'n draadjie. Elkeen se lewe is 'n one-way ticket. Die onderskeid is dat die meeste van ons tot die dag van ons dood veg om te óórlééf, dat 'n paar op die punt kom om hulle lewens weg te gee en nog minder: om hulle dood te gee as geskenk. Ronald Rolheiser skryf: "There are three major stages of Christian discipleship: the struggle to get our lives together, the struggle to give our lives away, and, ultimately, the struggle to give our deaths away. "

  • Oordenking: What Kind Of A King? - pierre

    11/04/2022 Duração: 07min

    Oordenking: What Kind Of A King? - pierre by InVia Gemeente

  • Nabyheid in slegte geselskap; met goeie geselskap in die verte! deur Johan Beukes // 10 April 2022

    11/04/2022 Duração: 27min

    Nabyheid in slegte geselskap; met goeie geselskap in die verte! deur Johan Beukes 10 April 2022 Preek deur Johan Beukes Skriflesing: Lukas 23:39-43 Dankie vir almal wat gee en gee en gee en ons help om hierdie gemeenskap te bou en te onderhou! Om hierdie week by te dra kliek hier: pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • Hoe sal dit wees wanneer ons God se nabyheid die diepste kan beleef? deur Theo Geyser

    04/04/2022 Duração: 10min

    "Die mooiste beskrywing van reinheid is wanneer ons so kan lewe, wanneer ons uit ons eie ware diepste geskapenheid kan lewe. En hoe sal dit wees en wat kan ons doen om op daardie plek en op daardie manier voor God te wees. Want om God te sien - dit beteken immers nie dat Hy ’n objek is wat ons raak kan sien nie. Om iemand te sien beteken bloot nabyheid. Dis naby genoeg. Ek kan hom sien. En met God is dit dieselfde."

  • Meditasie: 'Kyk, die mens!' Joh 19 saam met pierre

    04/04/2022 Duração: 12min

    Meditasie: 'Kyk, die mens!' Joh 19 saam met pierre by InVia Gemeente

  • Hoe sal ons onsself troos deur Pierre du Plessis // 3 April 2022

    03/04/2022 Duração: 51min

    Hoe sal ons onsself troos deur Pierre du Plessis 3 April 2022 Preek deur Pierre du Plessis. Skriflesing: Johannes 19: 1-15 Dankie vir almal wat gee en gee en gee en ons help om hierdie gemeenskap te bou en te onderhou! Om hierdie week by te dra kliek hier: pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • Meditasie: Psalm 32 saam met pierre

    28/03/2022 Duração: 13min

    Meditasie: Psalm 32 saam met pierre by InVia Gemeente

  • What happens at the table could start a revolution! deur Dion Forster

    27/03/2022 Duração: 12min

    Jesus has a remarkable way of turning ordinary encounters into revolutionary events. When I have heard the story of Zacchaeus preached, most preachers have focussed on the redemptive aspect of the story. Zacchaeus is called out of the tree, and he is restored by Christ. But, something more revolutionary happens in today’s text (Luke 19:1-10). Jesus doesn’t just neutralize Zacchaeus’ shame, dealing with his sin. He moves beyond it, and turns Zacchaeus into the minister, the redeemed one becomes part of Christ’s plan for redemption! Jesus asks Zacchaeus to host a meal in his home (v.5), and because he takes that invitation seriously, we read, “Today salvation has come to this house, because this man, too, is a son of Abraham.

  • Waarom God boekhou van trane... deur Theo Geyser

    22/03/2022 Duração: 17min

    Wat doen ek wanneer my hand op ‘n warmplaat gebrand word? Ek ruk dit weg, en draai dadelik van die pyn af weg. Dit is ons natuurlike instink met enige pyn. Nie net fisies nie, maar ook emosioneel en psigies. Wanneer ‘n kind huil of iemand hartseer is, gryp ons gewoonlik dadelik in en doen alles om te pyn te versag en te vermy. Jesus sal jou leer om nie weg te draai nie, maar eerder na die pyn toe te draai. Hy gaan huil oor Johannes die Doper wat onthoof is. Hy gaan na Laserus toe en huil voor die graf. Hy gaan na Jerusalem toe en huil oor die ongeregtigheid en verlorenheid van Israel. Jesus weier 'n verdowingsmiddel vir pyn aan die kruis. Ons moet huil.

  • Bloed en Vye deur Pierre du Plessis // 20 Maart 2022

    21/03/2022 Duração: 18min

    Bloed en fye deur Pierre du Plessis 13 Maart 2022 Preek deur Pierre du Plessis. Skriflesing: Lukas 13 Dankie vir almal wat gee en gee en gee en ons help om hierdie gemeenskap te bou en te onderhou! Om hierdie week by te dra kliek hier: pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • Hoe is vrede in ons omgekrapte wêreld nou moontlik?... deur Theo Geyser

    14/03/2022 Duração: 14min

    Wie sou ooit kon dink dat ons in die 21ste eeu met iemand soos Vladimir Putin te doen kry wat werêldvrede bedreig. ‘n Blantante massamoordenaar wat in die naam van idealisme en nasionalisme die grootste boosheid teenoor die mensdom pleeg. En nog erger dat die land en huidige regering waarin ons bly swyg oor hierdie boosheid. Deur stil te bly, word jy aandadig, vra maar Petrus hoe voel dit as die haan drie keer kraai.

  • Meditasie: Psalm 27 saam met pierre

    14/03/2022 Duração: 08min

    Meditasie: Psalm 27 saam met pierre by InVia Gemeente

  • Nie te min deur Frieda van den Heever // 13 Maart 2022

    14/03/2022 Duração: 30min

    Nie te min 13 Maart 2022 Preek deur Frieda van den Heever. Skriflesing: Psalm 27 Dankie vir almal wat gee en gee en gee en ons help om hierdie gemeenskap te bou en te onderhou! Om hierdie week by te dra kliek hier: pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • Oordenking: Het Jy Genoeg? Lukas 4 saam met Pierre

    07/03/2022 Duração: 09min

    Oordenking: Het Jy Genoeg? Lukas 4 saam met Pierre by InVia Gemeente

  • Nederigheid... Waarom is dié pad moeilik om te loop? met Theo Geyser

    07/03/2022 Duração: 13min

    Die Pad Wat Min Loop: Nederigheid "Ons harte werk soos ‘n padkaart. Soos Google maps. Dit vertel jou waar jy is en waarheen jy gaan. Daarom was die eerste vraag in die Bybel: Waar is jy? Jesus vertel stories sodat ons ons harte kan sien en sin kan maak van waar ons in die lewe is. Die pad van ons hart is belangrik, want daar is groot maklike paaie wat ons uit ons hart uitlei en dan is daar kleiner ongemaklike paaie wat ons verbind aan ons ware geskapenheid in God. Ongelukkig is dit die pad wat min loop..."

  • Onthou jou dood deur Ds Johan van den Heever // 6 Maart 2022

    07/03/2022 Duração: 23min

    Lydenstyd - “Memento mori!” Onthou jou dood 6 Maart 2022 Preek deur Ds Johan van den Heever. Liturgie deur Frieda van den Heever. Skriflesing: Lukas 4 Dankie vir almal wat gee en gee en gee en ons help om hierdie gemeenskap te bou en te onderhou! Om hierdie week by te dra kliek hier: pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • ín in deur Frieda van den Heever // 27 Feb 2022

    28/02/2022 Duração: 33min

    ín in 27 Februarie 2022 Preek deur Frieda van den Heever. Skriflesing: 2 Kor. 3:12 - 4:2 Dankie vir almal wat gee en gee en gee en ons help om hierdie gemeenskap te bou en te onderhou! Om hierdie week by te dra kliek hier: pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

  • Hoe cope ek in ’n wêreld van oorstimulasie? deur Theo Geyser

    27/02/2022 Duração: 15min

    Die Pad Wat Min Loop: Onthouding. Ek het ‘n mooi storie by Ronald Rolheiser gehoor. Drie monnike bid. Een monnik sien in sy gebed hoe hy opgetel word na die hemel met engele. Die ander monnik bid en sien hoe hy reeds in die hemel is en saam met kore en duisende mense God aanbid. Die derde monnik bid en dink aan ‘n hamburger. Laataand moes die junior demoon verslag lewer oor sy dag se werk en dit lui toe so: “Drie monnike is versoek en net twee het gestruikel!”

página 11 de 25