Wat Met Willim Welsyn Podcast
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editora: Podcast
- Duração: 240:35:17
- Mais informações
Informações:
Sinopse
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Episódios
-
Episode 131. - Janie Bay
26/10/2017 Duração: 01h36minJanie Bay is ’n singer-songwriter van die Kaap wat nou in Pretoria woon. Sy’t onlangs haar major-label debut album, ‘Miscellany’, gedrop en dus was dit ’n goeie tyd vir Janie om in die garage te kom kuier. Sy gesels oor haar skooldae, haar musikale verhouding met haar broer Theunis Cilliers, die begin van Janie and The Beard, die dae op J-Bay, die cold-turkey move Pretoria toe, haar collaborations, die #MeToo movement en nog vele meer.
-
Episode 130. - Danie Marais
19/10/2017 Duração: 01h34minDanie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture. Danie kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 56 en ons riff oor Die Wasgoedlyn, die beste albums van 2017, sosiale media, pop culture, folk music en nog vele meer.
-
Episode 129. - Louise Crouse
08/10/2017 Duração: 01h22minLouise Crouse is ’n publicist wat PR doen vir kunstenaars en bands soos Fokofpolisiekar, Francois van Coke, Stoker, Jack Parow, Die Heuwels Fantasies, Taxi Violence, PHFAT en nog ’n hele klomp ander. Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Louise gee ons ’n kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.
-
Episode 128. - Rupert Koopman
29/09/2017 Duração: 01h34minRupert Koopman is ’n plantkundige by Cape Nature, hy is basically ons eie David Attenborough as dit by fynbos kom, met ander woorde: Rupert maak úít van fynbos. Aangesien hy ’n rockstar-botanis is, móés hy in die garage kom kuier vir ’n wildcard interview.
-
Episode 127. - Dirkie 'Porra' van der Merwe
21/09/2017 Duração: 01h57minPorra van der Merwe is main-man by DPK, 'n company op Stellenbosch wat events en feeste reël, hulle produce ook 'n klomp goeters vir TV, film en die verhoog. Porra kom kuier in die garage en vertel vir Willim 'n hele paar van daai legendariese MK Avontoer-stories en wat hy alles oor die jare geleer het oor hoe 'n ding lekker te reël. Bestel Willim se nuwe album Blitzkriek by williamwelfare@gmail.com
-
Episode 126. - Hannes Brümmer
14/09/2017 Duração: 01h16minHannes Brümmer is ’n komediant en ’n akteur. Hy kom kuier in die garage en riff saam met Willim oor stand-up comedy, improv comedy, acting en sub-par fame. Hulle gesels ook oor hoe Zef-sketse begin het en hoe die TV-reeks 'Kompleks' ’n cult-classic geword het.
-
Episode 125. - Hunter Kennedy
07/09/2017 Duração: 01h18minHunter Kennedy van Fokofpolisiekar kom kuier vir 'n tweede keer in die garage om te gesels oor hulle nuwe crowd-funded album 'Selfmedikasie', hoekom hy nie meer op social media is nie en hoe daai slang sy eie stert vreet.
-
Episode 124. - Toast Coetzer ivm Ons Klyntji
03/09/2017 Duração: 01h23minToast Coetzer is ’n joernalis, beat poet, radio-omroeper, fotograaf en een van die editors van Ons Klyntji. Toast kom kuier in die garage om te gesels oor die geskiedenis van dié publikasie en om ’n paar stukke voor te lees van die nuwe ene wat uitkom in Oktober 2017.
-
Episode 123. - Pietie Beyers
24/08/2017 Duração: 02h11minPietie Beyers is ’n akteur. Jy sou hom al gesien het as Zatopek, Neil Sandilands se jonger self, in die TV-reeks ‘Orion’, as Dr. Deon Visser in ‘Binnelanders’ en in ander TV-reekse en films soos ‘Buurtwag’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Beskermhere’ en ‘Onder Die Tafel’. Pietie kom praat die mic aan die brand in die garage met ’n opgewekte, energiebelaaide interview oor sy familie (sy ma is die bekende aktrise Susanne Beyers en sy suster Yvonne Beyers is die redaktrise van Huisgenoot), sy kinderdae en sy nuwe lease on life. Geborg deur Visuals.TV
-
Episode 122. - Tertius Kapp
17/08/2017 Duração: 01h15minTertius Kapp is ’n digter, regisseur, dramaturg en bekroonde draaiboekskrywer. In 2015 is die Hertzogprys vir Drama aan hom toegeken vir sy toneelstukke ‘Rooiland’ en ‘Oorsee’. In 2016 wen hy ook ’n SAFTA vir sy draaiboek vir die film ‘Dis Ek Anna’. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy en Haddad Viljoen se nuutste kortfilm ‘Ek Het Jou Gemaak’ wat die 24ste Augustus debuteer by die kykNET Silverskermfees, wat hy alles by Prof Marlene van Niekerk geleer het, sy dae by MK89 en sy vriendskappe met Haddad en Willem Anker.
-
Episode 121. - Sondagaand
13/08/2017 Duração: 30minWillim vertel jou al sy week se spookstories en lees vir jou ook 'n brief. Onthou om asb vir sy musiekvideo te stem deur "MVP Willim Welsyn" te SMS na 40800. Hy kan nog 'n video wen en jy kan 'n CD-hamper by KYKNET NOU! wen.
-
Episode 120. - Chris Danger ThunderVolt
03/08/2017 Duração: 01h22minChris Danger ThunderVolt is die bassist in Black Cat Bones, die guitarist in Boargazm en die tweede jongste van die vier legendariese Van Der Walt-broers van Wolmer in Pretoria. Heine van der Walt is die jongste en was mos ook onlangs op die show. Willim en Chris kry mekaar by die Dennis-brothers se huis, The Château Liz-záurd, waar hulle praat oor math-metal, musical patterns, Chris se film en jazz opleiding en hoe om uit te nerd op music. Hulle gesels ook oor The Black Cat Bones se 10de bestaansjaar. (Kyk asb 20:00, Vrydagaand die 4de Augustus Willim se nuwe video “Al Die Cool Kinders” op kykNET NOU!, DSTV 146, en stem dan asb net na 21:00 vir sy video, dan kan hy nog ’n R50 000se musiekvideo wen. SMS: “MVP Willim Welsyn” na 40800. Jy kan net een keer stem. En jy staan die kans om ’n sak vol albums te wen.)
-
Episode 119. - Danie Du Toit van Spoegwolf
27/07/2017 Duração: 01h37minDanie du Toit is die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van Spoegwolf, ’n Stellenbosch-based band met hulle wortels diep geanker in die oksels van die Paarl. Danie kom kuier in die garage om te gesels oor hulle nuwe album Die Donker Toring, sy kinderdae op die Paarl, sy eerste band Ysterkoei wat destyds Rockspaaider gewen het en hoe sy ouers vir hom en sy broer Moskou ondersteun het om musiek te maak. Hy gesels ook oor hoe sy ma Tertia Du Toit, ’n bekende kunstenaar, Spoegwolf se album art gemaak het en nog vele meer. Bestel vir jou 'n Blitzkriek CD by williamwelfare@gmail.com
-
Episode 118. - Michelle Nolte - Dorpstraat Revisited (Deel 4)
20/07/2017 Duração: 01h27minMichelle Nolte was die vierde en laaste eienaar van die legendariese Dorpstraat Teater op Stellenbosch. In hierdie laaste hoofstuk van die Dorpstraat Revisited reeks vertel Michelle hoe dit was om groot te raak met Valiant Swart as ouer boetie, hoe sy by die bank en toe by ’n wynplaas gewerk het en toe eventueel saam met Anita (Bredenkamp) Cilliers die Teater oorgeneem het by Rohan en Eldré Strydom. (Bestel gerus my nuwe album BLITZKRIEK by williamwelfare@gmail.com of kry hom op iTunes.)
-
Episode 117. - Bootlegs Met Bruce Springsteen, Hannes Coetzee en Andra
12/07/2017 Duração: 50minGerhard Grobler kom kuier in die garage en hy en Willim gaan krap bietjie in die archives en kom op recordings af wat Willim gemaak het in sy dae by Rolling Stone van 'n Bruce Springsteen soundcheck, 'n live performance van Andra by Mozambique en 'n twee ander bootlegs van oom Hannes Coetzee, die teaspoon-slide guitarist van Herbertsdale. Willim lees ook 'n paar briewe van luisteraars.
-
Episode 116. - Ruan Stix Fourie
05/07/2017 Duração: 01h24minRuan Stix Fourie is die main-man agter die skerms by gevaaalik.com, ’n Afrikaanse entertainment blog wat al meer as sewe jaar die ding doen. Ruan is ook ’n podcaster en dus moes hy en Willim oor dié formaat gesels, hoe om jou audience te service en suksesvol jou online jol vol te hou sodat brands, bands en ander mense jou verewig kan onthou.
-
Episode 115. - Herman Kleinhans
30/06/2017 Duração: 01h24minHerman Kleinhans is 'n liedjieskrywer en sanger van Stellenbosch. Hy het in Mei 2015 KykNET se AfriVisie gewen met sy lied "Ek Sweer". Hy is ook 'n lid van TWEE - die ander lid is Maria Rademan. Herman het 'n nuwe album uit, Kamer 4. Hy't kom kuier in die garage vir 'n passievolle gesprek oor laerskool-rugby, hoe en waar sy musiekloopbaan begin het, die inner workings van die musiekbedryf en hoe hy eenkeer in London 2000£ gekry het by 'n tabloid koerant. Dit alles en nog vele meer. Baie kiff episode dié.
-
Episode 114. - Blitzkriek Met Jo Ellis
22/06/2017 Duração: 01h10minWillim gesels met sy vriend en producer Jo Ellis oor Willim se nuwe album BLITZKRIEK, self-promotion, hoe hulle die album gemaak het en wat se amps en tegnieke hulle gebruik het. Willim speel ook 'n paar snippets van die songs. BLITZKRIEK CD's is nou by Willim beskikbaar, stuur gerus 'n epos na williamwelfare@gmail.com om ene te bestel.
-
Episode 113. - Chris Kreef
15/06/2017 Duração: 01h50minToe Willim vir Chris Kreef van die bekende Kreefhotel onmoet het in 2007 by Akkedis se huis, The Château Liz-záurd, was Chris ’n grootkop by Pick Pay en nou tienjaar later gesels hulle vir die eerste keer waar alles begin het. Van sy eerste bike-bende, die weermag se begrafnisband, die restaurantbedryf, die snakes and ladders van die corporate wêreld tot by die Kreefhotel, Die Saronsberg De Kreeft Stamkafee Teater in Tulbagh en terug. Strap yourself in for one hell of journey! Geborg deur Thelema Vitamins & Supplements.
-
Episode 112. - B-Sides: Willim en Gurtch Tel Briewe Op Onder 'n Brug
08/06/2017 Duração: 01h06minWillim en Gurtch vind ou briewe van regte-egte mense onder 'n brug en lees hulle vir jou.