Informações:
Sinopse
Podcast by NB Publishers
Episódios
-
Onderhoud met Julian Jansen op Radio Helderberg
24/03/2021 Duração: 18minLuister na ’n onderhoud met joernalis en skrywer van Seuns sonder pa's, Julian Jansen, op Radio Helderberg. In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie hul pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede. Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: Hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? Bestel Seuns sonder pa's deur Julian Jansen by goeie boekwinkels regoor die land of aanlyn. Ook beskikbaar as e-boek.
-
Kwela Book Chat: The Fall by Jen Thorpe
01/02/2021 Duração: 40minIn this episode of Kwela Book Chats the author of the riveting novel, The Fall shares details about her writing process, advice for budding writers, and other behind-the-scenes gems. In conversation with Jen Thorpe is her publisher, Carolyn Meads, who worked closely with her on the The Fall. Stick around until the end to hear the awesome book trailer! More about the book: When Thuli reveals her secret – that she can see into the near future – to journalist Helen, the latter is skeptical. But as Thuli believes she’s seen that #FeesMustFall protest leader, Hector, will be assassinated, Helen looks into the matter. What she finds is odd behaviour by the police on campus. Police sent by President Noné, who wants no trouble from pesky students while she launches her zoo of magical creatures. If what Thuli say is true, they have only seven days to change the future … You can order The Fall by Jen Thorpe from leading bookstores nationwide or your favourite e-tailer. Also available as an e-book. Music: "Intranet"
-
Kwela Book Chat: Mermaid Fillet by Mia Arderne
26/01/2021 Duração: 54minMermaid Fillet by Mia Arderne was one of the hottest debut novels to hit the South African literary scene in 2020. Stevlyn Vermeulen, editor at Kwela Books, sat down with her to hear more about her journey towards being a published writer, the things that inspired the book and her writing process. More about Mermaid Fillet: In an alternative Cape Town the only person ever to be born wearing Nike Jordans, is tasked with finding a dead Tamagotchi. The device was last seen in the clutches of eight-year-old Kaylin Arendse, when she and her family were murdered in a gang-related hit. Now our Jordan-wearer must track down the device for the new head of a crime family – or face an untimely ending. Mermaid Fillet is an enthralling afro-surrealist novel about the fringes of Cape Town society and the people who govern that world. Dark and fantastical experiences are intricately woven into this network of wannabe gangsters and the trade of highly coveted mermaid tails for R 4 000/kg. A Cape Town you know,
-
Ons gesels met die skrywer en illustreerder van die Ouma Hester-reeks
09/12/2020 Duração: 11min’n Vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! In hierdie episode vertel skrywer Janie Oosthuysen en illustreerder Alistair Ackermann ons bietjie meer van die opwindende nuwe Ouma Hester-reeks, waarvan die derde boek volgende jaar verskyn. Janie Oosthuysen lees ook ‘n stukkie voor wat oud en jonk sal geniet, so luister saam en beleef self dié lekker nuwe storie. Ouma Hester 1, 2 en binnekort 3, kan by jou gunsteling boek- of aanlynwinkel bestel word. Musiek: "Robot Boogie" deur Quincas Moreira en "Nutty Comedy" deur Biz Baz Studio (https://studio.youtube.com/channel/UCJFBFh4BJEhLmUgjOPSmiwg/music)
-
In gesprek met Antjie Krog
08/12/2020 Duração: 34minIn hierdie episode hoor ons by Karen de Wet, die samesteller van 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog, asook by Krog self wat hierdie bloemlesing vir hulle beteken. Verder voer Helené Prinsloo 'n gesprek met Antjie Krog waarin sy gesels oor 50 jaar van digter wees en verskeie gedigte voorlees soos nét sy kan. Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre. 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog is beskikbaar by boekwinkels en aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180511 Musiek: "Realness" deur Kai Engel (https://freemusicar
-
Bruidzilla ─ 'n boodskap en voorlesing van Marion Erskine
04/12/2020 Duração: 07minBruidzilla deur Marion Erskine is die perfekte teenmiddel vir 2020 en laat lesers wyd en syd skaterlag. Luister hier na Marion se boodskap en kort voorlesing. Bruidzilla kan by boekwinkels of aanlyn bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Meer oor die boek: Tillie se beste vriendin Milanka ís high-maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksie-perfeksie, #blessed vriendin. Maar sy’t nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie … Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering? Musiek: “Canon in D Major” deur Kevin MacLeod - https://freemusicarchive.org/music/Kevin_MacLeod/Classical_Sampler/Canon_in_D_Major
-
'n Storie uit Jakkals en Wolf: Die rondekop gedierte
01/12/2020 Duração: 06minLuister hier na Die rondekop gedierte, 'n storie uit Jakkals en Wolf, soos voorgelees deur Johann Nel. Meer oor die boek: Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! Deel die geliefde Jakkals en Wolf-stories deur Pieter W. Grobbelaar & Séan Verster met 'n nuwe generasie lesers. Eksklusief beskikbaar by CNA tot 1 Mei 2021. Die luisterboek van Jakkals en Wolf is ook hier beskikbaar op Audible: https://www.audible.com/pd/Jakkals-en-Wolf-Jackal-and-the-Wolf-Audiobook/B00BW6RFXG
-
Ster en die skugter vyf: Voorlesing & Agter-die-skerms
19/11/2020 Duração: 08minLuister na hierdie spesiale podsending waarin skrywer Henriëtte Linde-Loubser en illustreerder Elizabeth Pulles met ons gesels oor hul boek, Ster en die skugter vyf. Buiten die interessante agter-die-skerms-inligting is daar ook ‘n pragtige voorlesing deur die skrywer waarna luisteraars kan uitsien. Nou beskikbaar op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Meer oor Ster en die skugter vyf: Vandat sy kan onthou, woon Ster by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een aand word sy wakker van 'n gevroetel in haar kamer en ontdek 'n erdvarkmannetjie, sy snoet op haar beddegoed. "Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so begin Ster se naglopery op soek na al die skaam diere: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog en wit leeu. Bestel Ster en die skugter vyf deur Henriëtte Linde-Loubser (met illustrasies deur Elizabeth Pulles) by boekwinkels of aanlyn. Musiek: “Family Tree” deur Jahzzar - https://freemusicarchive.org/music/Jahzzar/Sele/family_tree_f
-
Anton Roodt gesels oor Weerlose Meganika en Albe Grobbelaar lees voor
16/11/2020 Duração: 06minIn hierdie episode vertel Anton Roodt ons meer oor sy debuutroman, Weerlose Meganika. Luisteraars kan ook uitsien na 'n voorlesing deur Albe Grobbelaar. Luister nou op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Loer op ons webtuiste vir meer inligting oor hierdie merkwaardige roman: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624091356 Weerlose Meganika kan by goeie boekwinkels of aanlyn bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Musiek: "Signs" deur Divide by Nine - iMovie Royalty Free Music
-
GiGi: Nipple Caps & G-strings
11/11/2020 Duração: 13minIn this episode, publisher Melinda Ferguson, co-author Nan Roux and of course, GiGi, tell us more about the hottest story of the decade. GiGi: Nipple Caps & G-strings is the sensational bare-all memoir of a woman who strategically took on an industry dominated by men and not only survived, but thrived. Order your copy of GiGi from leading bookstores nationwide or online. Also available as an e-book. More about it on our website: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9781990973185 Music: "Lose The Box" by Ménage Quad - https://freemusicarchive.org/music/Mnage_Quad/Swing_Soiree/08_Menage_Quad_Lose_The_Box_Swing_Soiree_FROSTWIRE_FROSTCLICK_CREATIVE_COMMONS
-
Sidney Gilroy gesels oor Middernag en lees voor
06/11/2020 Duração: 07minSidney Gilroy vertel ons meer oor sy tweede spanningsroman, Middernag, en lees ook vir ons 'n gedeelte voor. Luister saam op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Bestel Middernag deur Sidney Gilroy by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer oor die boek op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180542 Musiek: "Miracle Tour" deur Lobo Loco ─ https://freemusicarchive.org/music/Lobo_Loco/around/miracle-tour-id-1289mp3
-
Anzil Kulsen gesels met MedFM oor Reënboogmelodie
14/10/2020 Duração: 13minLuister hier na ‘n onderhoud met Anzil Kulsen op MedFM waar sy met Annerle Barnard oor haar nuutste boek Reënboogmelodie gesels. Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme? Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan. Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Reënboogmelodie is landwyd by boekwinkels en aanlyn beskikbaar.
-
Prisoner 913 discussion on Kaya FM 95.9
05/10/2020 Duração: 09minNew light has been cast on the release of Nelson Mandela after 27 years in jail. The information comes from a secret archive of documents accumulated for over a decade while Mandela was in jail by a senior National Party minister, Kobie Coetzee. Coetzee was the Justice and Prisons minister and had easy access to Mandela. He was intimately involved in discussions about Mandela’s release, and over the last 10 years of the ANC leader’s incarceration, Coetzee accumulated a wealth of information. Coetzee died before he could hand over the archive as he had promised to academic Jan-Ad Stemmet. More than 10 years after Coetzee’s death, the archive ended up at the University of the Free State where Stemmet finally got to see what it contained. He teamed up with veteran journalist Riaan de Villiers and, after accessing the vast number of documents in the Coetzee archive, they wrote an intriguing book about the release of the man referred to as Prisoner 913 – Nelson Mandela’s official prison number, different to his Ro
-
Francois Smith gesels met MedFM oor Die kleinste ramp denkbaar
17/09/2020 Duração: 47minLuister hier na Annerle Barnard se onderhoud met Francois Smith op Vars GeInk, 'n program op MedFM. Francois gesels oor sy jongste roman, Die kleinste ramp denkbaar. Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Die leser sien deur Van Aardt se oë. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Bestel Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith by boekwinkels of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624089988
-
Jaco Fouché lees voor uit Aanspreeklikheid
03/09/2020 Duração: 09minLuister hier na twee voorlesings deur Jaco Fouché uit sy jongste roman, Aanspreeklikheid. Aanspreeklikheid is die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Fouché se eerse roman in sewe jaar, 'n fassinerende ondersoek na die betekenis van aandadigheid, maar ook die rol van die skrywer. Dit word beskou as 'n hoogtepunt in sy oeuvre sedert Ryk van die rawe. Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie? Bestel Aanspreeklikheid by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=97807981
-
Onderhoud met Marzanne Leroux van der Boon op MedFM
31/08/2020 Duração: 16minLuister hier na ‘n onderhoud met veteraanskrywer Marzanne Leroux van der Boon op MedFM waar sy oor haar nuutste boek Israel-reeks 11: Hooglied gesels. Die Jode het nog altyd ’n lied gehad om te sing: Soms ’n lied van vreugde; soms ’n lied van pyn en lyding. Ook vir die Kriges is daar vreugde liedere en pynliedere. Yhoshi word dertien en dis tyd vir sy bar mitzvah. Die kleine Chaya is twee en ’n blye lied vir almal om haar. Mara is in Jerusalem waar haar Joodsheid ’n nuwe lied vir haar word. Daar is ook ’n pragtige loflied wat gesing word deur Re’uven en Shlomit. Maar waar sal Marc sy vreugdelied vandaan kry waar hy weereens in die Haddasah-hospitaal pleit vir ’n geliefde se lewe? Hooglied is die elfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se topverkoper- Israel-reeks. Marzanne besoek Israel gereeld en met haar diepgaande kennis van Israel skryf sy die Joodse leefwêreld vir haar lesers oop. Israel-reeks 11: Hooglied is landwys by boekwinkels en aanlyn beskikbaar.
-
Neels Van Jaarsveld lees voor uit Die seerowers en die spookskip
27/08/2020 Duração: 03minNeels van Jaarsveld lees voor uit Die seerowers 1: Die seerowers en die spookskip. Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . . Dalk vir ewig? Bestel Die seerowers en die spookskip by boekwinkels of aanlyn.
-
A reading from How Lion Became King of the Animals
14/08/2020 Duração: 05minMake yourself comfortable and listen to How Water Snakes Came To Be from the book How Lion Became King of the Animals. This reading is done by Mary-Anne Musekiwa, CFO at Coronation Fund Managers, as part of their Reading Adventure Room initiative. Order How Lion Became King of the Animals from leading bookstores nationwide or online.
-
Tweegevreet deur Zirk van den Berg
06/08/2020 Duração: 05minTweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning én stof tot nadenke. Skrywer Zirk van den Berg vertel ons hier meer oor hierdie fassinerende verhaal en lees ook ‘n stukkie voor. In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Bestel Tweegevreet by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709692 Musiek: Evening Campfire deur Lobo Loco - https://freemusicarchive.org/music/Lobo_Loco/Adventure/Evening_Campfire_ID_1178
-
Rika Cloete vertel ons meer oor Skadukant
03/08/2020 Duração: 04minRika Cloete is die skrywer van Skadukant wat Augustus 2020 verskyn. Sy vertel ons meer oor dié nuwe spanningsroman. Die verminkte lyk van ’n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O’Brien ook deur die gemaskerde moordenaar geteister word. Sy word die prooi in ’n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie. Skadukant kan eersdaags by goeie boekwinkels regoor die land en aanlyn bestel word. Meer oor Skadukant op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709876