Informações:
Sinopse
Podcast by NB Publishers
Episódios
-
Gesprek met die skrywers van Skarlakenkinders
16/08/2019 Duração: 42minConette le Roux, senior joernalis by LiG Tydskrif en Kerkbode, gesels met die medeskrywers van Skarlakenkinders ─ Nadine Blom en Anzil Kulsen. Luister hoe hulle gesels oor hul karakters, mensehandel en hoe elkeen van ons ons deel kan doen om slagoffers te help. Skarlakenkinders handel oor ses vroue van verskillende agtergronde wat saam op ’n plaas in die Sederberge beland. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om ’n groter krisis op te los. ’n Aksiebelaaide roman ’n Christelike agtergrond oor ’n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel. Bestel Skarlakenkinders by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780796321664, R220).
-
Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots
08/08/2019 Duração: 33minWat gebeur as ’n skrywer (Debbie Loots) en ’n sielkundige (Abraham le Roux) op ’n bank sit en gesels oor haar karakters se issues? Luister hier na ’n gesprek oor Die boek van gelukkige eindes. Bestel Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780795802034, R265).
-
Adriaan Blom op Radio Helderberg
12/07/2019 Duração: 15minDie dinamiese ma-en-seun-skryfspan agter Blits: Perlemoendiewe is terug met Blits 2: Operasie Hoërskool! Medeskrywer Adriaan Blom gesels met Radio Helderberg oor dié opwindende nuwe boek. In Blits 2 is Hannes en Zander in Graad 8. Hoërskool is soveel anders as wat hulle verwag het. Dit lyk boonop asof hulle vriendskap gaan ly onder al die druk van aanpas in die nuwe skool. Hannes se speurinstink word weer geprikkel toe 'n nuwe vriend hom een middag huis toe nooi. En Luna, as sy net wil ophou droom oor modelkontrakte! Gelukkig is Melkbosstrand die beste plek om te bly, want wat is nou beter as ’n lekker surf-sessie wanneer die lewe druk? Bestel Blits 2 deur Adriaan Blom en Nadine Blom by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624084075, Uitgewersprys R170).
-
Philip de Vos lees voor uit Die Nagbeer
05/04/2019 Duração: 01minPhilip de Vos lees voor uit sy pragtige rymvertaling van Die Nagbeer wat pas deur Human & Rousseau uitgegee is. Die Nagbeer se gunstelingkos is nagmerries, en as jy joune vir hom los, sal hy dit vinnig afsluk. Dié lieflike prenteboek is perfek vir voorlees, veral vir kinders wat sukkel met nagmerries, of om aan die slaap te raak. Die rymvertaling sorg vir ’n lekker-lees-ervaring en die instruksies vir jou eie Nagbeer-wegneemboks maak dit nog meer spesiaal! Bestel Die Nagbeer by jou naaste boekwinkel of aanlyn. ISBN: 9780798178723 Uitgewersprys: R160,00
-
A Reading from The Blacksmith and the Dragonfly
22/03/2019 Duração: 02minCo-author, Charles Siboto, reads from The Blacksmith and the Dragonfly. Want to read the rest of this magical and original fairy tale? The Blacksmith and the Dragonfly by Riana Louw & Charles Siboto (Illustrated by Christelle Lambrechts) can be ordered from your nearest bookstore or online. ISBN: 9780798178518 Recommended retail price: R160,00
-
Elizabeth Wasserman gesels met Radio Helderberg
22/11/2018 Duração: 10minElizabeth Wasserman het met Radio Helderberg oor haar nuwe boek, Elf dae op 'n eiland, gesels.
-
Marianna Brandt gesels met Radio Helderberg
22/11/2018 Duração: 08minMarianna Brandt het met Radio Helderberg oor haar gewilde Emma-reeks gesels.
-
Troula Goosen gesels met Radio Helderberg oor Raaiselklip
22/11/2018 Duração: 07minTroula Goosen het met Radio Helderberg oor haar nuwe jeugroman, Raaiselklip, gesels.
-
Gabeba Baderoon Live
05/10/2018 Duração: 01h04minListen to Sindiswa Busuku-Mathese in conversation with Gabeba Baderoon about her new collection of poetry ─ The History of Intimacy ─ featuring beautiful readings by Gabeba. The History of Intimacy is the fourth collection by award-winning poet Gabeba Baderoon. Breathtaking intimacies and private hurts are crafted into lyrical form – in poems on desiring what is furthest from you, memories of a midnight swim, how children work out the laws of existence, the stakes of speaking a forbidden word, elegies to a jazz prodigy and a beloved poet, and how not to be alone. "Baderoon’s poems are finely crafted objects of art, delicately shaped and containing rich emotion and thought. She is building a powerful body of work, rooted in Africa and reaching line after line to the wider world." – Kwame Dawes, author of City of Bones: A Testament "An exquisite new collection from one of South Africa’s finest, most treasured poets." – Nadia Davids, author of An Imperfect Blessing.
-
Onderhoud met Elsa Winckler op PEFM
12/09/2018 Duração: 14minElsa Winckler het met PEFM gesels oor haar nuwe boek, 'n Brief vir Reina. Wanneer Reina ná haar ouma se af sterwe die huis begin opruim, kom sy on verwags op ’n boks briewe af. Hoe verder Reina lees, hoe meer ver stom is sy. Haar ouma se onmoontlike keuse plaas Reina se be staan in ’n heel nuwe lig. Die ontnugterde en siniese Derek wil Reina se huis deel van ’n sekuriteitskompleks maak. Al wat in sy pad staan is Reina se handtekening. Dinge is egter nie so eenvoudig vir Reina nie. Wat maak sy met haar ouma se vriende? En wat maak sy met haar swanger winkelassistent? 'n Brief vir Reina deur Elsa Winckler kan by boekwinkels en aanlyn bestel word. ISBN: 9780796321008 Uitgewersprys: R180,00
-
Onderhoud met Nadine Blom op PEFM
26/07/2018 Duração: 18minNadine Blom het met PEFM gesels oor haar nuwe boek, Ankers vir vandag. Nadine Blom het al die swart kant van die lewe gesien. Sy weet hoe om vas te klou aan haar geloof as dinge rondom haar uitmekaarval. In hierdie boek wys Nadine dat almal ankers nodig het, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Nadine wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los. Nou beskikbaar! Ankers vir vandag deur Nadine Blom ISBN: 9780796320773 Prys: R150,00 (Onderhewig aan verandering)
-
Onderhoud met Koos van der Merwe op PEFM
22/06/2018 Duração: 14minBernard en Christelle van PEFM gesels met Koos van der Merwe oor sy nuwe boek, Sielskos. Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste sê"-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie. Nou beskikbaar! Sielskos deur Koos van der Merwe ISBN: 9780796320995 Prys: R195,00 (Onderhewig aan verandering)
-
Elizbè Van der Colff gesels oor Nina en die crazy klere
11/06/2018 Duração: 04minElizbè Van der Colff het met Johann Myburgh oor haar nuwe boek op Radio Helderberg gesels. In die boek woon Nina en Jessie die Eksotiese Eksperimente Ekspo by. Dit is die beste ooit! Hulle verkyk hulle aan al die slim uitvindings. Die pet het ook saamgekom, want Nina wil die briljante professor Crower vra om dit te ondersoek. Daar is dalk 'n wetenskaplike verklaring vir die pet se kragte. Maar dan raak die pet weg ...
-
Onderhoud met Marzanne Leroux-van Der Boon op PEFM 87.6
24/05/2018 Duração: 18minLuister hier na Marzanne Leroux-van Der Boon se onderhoud met Elaine op PEFM op 23 Mei 2018. Ter wille van die vaders is die jongste roman in die bekende Israel-reeks deur Marzanne Leroux-van Der Boon. In die 10de boek in die Israel-reeks kry Henok ’n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat Re’uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is. Nou beskikbaar! Ter wille van die vaders (Zechut Avot) deur Marzanne Leroux-van Der Boon ISBN: 9780796320841 Prys: R220,00 (Onderhewig aan verandering)
-
Ruda Landman tells her story
16/05/2018 Duração: 07min“How can we know each other, or understand the whole of our reality, if we don’t hear each other’s stories?” Journalist Ruda Landman, widely known for her compelling interviews, talks to prominent South Africans about their life choices and how change has affected them. A colourful mosaic of experience emerges as people share stories – from changing careers to coming out, losing a partner or following a calling. The book includes insights by the likes of John Kani, Ferial Haffajee, Pieter-Dirk Uys, Katlego Maboe, Gugu Zulu, Zapiro, ProVerb, Arno Carstens, “Mam’ Khanyi” (who takes in street children and orphans), Nick Binnedell and Marc Lottering. Revealing and wise, their stories will touch your heart. All royalties from the sale of this book will go to StudyTrust, an organisation which supports university students. Find out more about the organisation at www.studytrust.org.za
-
Kate Turkington chats about her latest book
10/05/2018 Duração: 09minCatch this fun and spontaneous interview with Kate Turkington about her latest book: Yes, Really! 'There are a lot of good things about getting older. When you’re young you want everyone to like you and to make an impression. When you’re old you don’t give a damn.' Kate Turkington is fearless and fun, even now in her 80s. Actually, more so! From the war-worn East End of London to raising a young family in a remote part of eastern Nigeria and then building a career as one of SA's most loved broadcasters, Kate's story is remarkable and revealing. You'll laugh. You'll cry. You will cheer. And you may well be shocked.
-
Onderhoud met Esté Geldenhuys op PEFM 87.6
09/05/2018 Duração: 18minLuister hier na Esté Geldenhuys se onderhoud met Elaine op PEFM op 9 Mei 2018 oor haar jongste boek, Vroue van die Bybel 2. Die geliefde omroeper Esté Geldenhuys skryf vir vandag se vroue oor Bybelse vroue, vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar uit wie se lewe ons weer en weer kan leer dat elke vrou ’n verskil kan maak, ook ek en jy! “Geldenhuys skryf met die moed van haar oortuiging, eerlik en sonder skroom om evangeliese waarhede oor te dra. Hierdie waarhede is op haar geloof geskoei en ook op haar kennis van die Bybel en haar beleë insig en integriteit.”- Helene de Kock, Litnet
-
Uittreksel 3 uit Die Dao van Daan van der Walt
24/04/2018 Duração: 12minToe Daan van der Walt, ’n eerstydse Kalahari-boer, ’n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by ’n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in ’n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het. In Die Dao van Daan van der Walt word die Afrikaner-dilemma in die moderne lewe met ’n fyn lem oopgevlek.
-
Uittreksel 2 uit Die Dao van Daan van der Walt
24/04/2018 Duração: 02minLuister Nic de Jager, die bekende RSG-omroeper, se voorlesing uit Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk C. du Plessis (skuilnaam). Daan van der Walt, Kalahari-boer, se vrou is in die hemel. Hy wil by haar aansluit, maar nog nie dadelik nie. ‘n Man is nie ‘n klip nie, sê hy vir sy oorlede hond en ‘n óú man het hulp nodig as dit by vlerksleep kom. Met ‘n doktersvoorskrif is hy apteek toe om al te gou daarna uit te vind dat Viagra en die vrybriewe wat hy via die Landbouweekblad se “Opsitkers”-rubriek uitstuur, die begin is van ‘n reeks gebeure wat sy hele lewe op sy kop gaan keer. Hy gaan ontnugter en verneder word, van sy hoogtes tuimel, onverduurbare hartseer beleef, homself bespotlik maak en uit sy aardse paradys gedryf word - dalk ook uit die hemelse na hy deur die weduwee, You Mei van der Merwe, saamgesleep word China toe om haar gestorwe ouers in die onderwêreld te versorg en hy moet leer tai chi doen.
-
Uittreksel 1 uit Die Dao van Daan van der Walt
24/04/2018 Duração: 07minLuister Nic de Jager, die bekende RSG-omroeper, se voorlesing uit Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk C. du Plessis (skuilnaam). In dié verrassende en vermaaklike debuutroman stap ‘n amper sewentigjarige ligvoets maar ook met gravitas deur die mynvelde van seks, liefde, godsdiens en ‘n vader-en-seun-verhouding in ‘n Westerse teenoor Oosterse verstaan van die wêreld. Die teenswoordige word deursny met ‘n dieper skoue vanuit die antieke wêreld van Mesopotamië, Griekeland en Rome, met veral die Gilgamesj-epos as begeleidende verhaal. Daan wil voor die ouderdom dit onmoontlik maak nog ‘n keer gaan vlerksleep en skryf ‘n paar vrybriewe via die Landbouweekblad se “Opsitkers”-rubriek. Maar die gode, almal ou kennisse van die innemende karakter, het ander planne met hom. Sy ontmoeting met ‘n jong man, verraderlik komies beskryf, stel hom regstreeks op teen sy eie gewete, die problematiese liefdeslewe met sy oorlede vrou en die religio-sosiale orde waaruit hy kom. Dié pakkende en ontroerende verhaal, deurenty