Tgif

Tobie Muller

Informações:

Sinopse

Ek het al na baie getuienisse geluister waar die spreker vertel van hierdie ongelooflike moeilike tyd waardeur hy moes gaan, maar hoe dit hom dan soveel nader aan God gebring het en die persoon verder getuig dat hy dit vir niks sal verruil en dat as hy nou weer deur dieselfde moeilike tyd moet gaan hy dit enige tyd weer sou doen om nader aan God te kom. Dan het ek daar gesit en by myself gedink, sê die ou ons moet deur moeilike tyd gaan om nader aan God te kom, dan besef ek my lewe tot nou is net smooth sieling, ek het niks om oor te kla nie en selfs gedink die ou weet maar net nie, mens kan nader aan God leef sonder om deur ‘n moeilike tyd te gaan. Wel, toe gebeur daar ‘n twee dinge ... Kom luister wanneer ek deel hoe die Here my hier deur dra.