Nb Publishers

Human & Rousseau-boekgesprek: Truïse Prinsloo gesels met Sidney Gilroy oor Vlam

Informações:

Sinopse

"Waarom lees mense spanningsfiksie vir ontvlugting in 'n land met soveel misdaad?" Die skrywer van Vlam, Sidney Gilroy, beantwoord hierdie en ander interessante vrae in sy gesprek met Truïse Prinsloo, senior fiksieredakteur by Human & Rousseau. Vlam is nog ’n blitsblaaier deur Sidney Gilroy! Middernag, die skrywer se tweede roman, is in 2021 met die kykNET-Rapport-filmprys bekroon. Waaroor gaan Vlam? Speursersant Sollie Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl hy in ’n Bloemfonteinse gastehuis lê en tob oor waarom Nyandi hom sou wantrou, brand ’n kunsgalery op Parys tot op die grond af. Die wêreldberoemde kunstenaar Aretha Hattingh se oeuvre – en tuiste – nou ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha. In Parys ontmoet Sollie ’n handvol verdagtes: ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se spra