Invia Gemeente

Na Die Opstanding... met Maria Magdalena met Frieda van den Heever

Informações:

Sinopse

"Mense is dikwels verras dat Christus eerste aan Maria Magdalena verskyn het na sy opstanding. Hoekom? Hoekom níé!? Sy staan in die plek van alle menslike hunkering en almal wat beskou is as "sondaars". Dit lyk amper of al die Marias van die evangelie in haar saamgevat word op hierdie punt van die ontknoping van die opstandingsverhaal. Richard Rohr skryf dat Jesus duidelik hiermee wil sê: "the very failures and radical insufficiency of our lives are what lead us into larger life and love". Asof hy vir al die mans wat vinger gewys het na haar wou sê: Julle is almal verkeerd oor God. Sy begryp dit, julle nie."