Maroela-onderhoude
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editora: Podcast
- Duração: 34:59:34
- Mais informações
Informações:
Sinopse
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episódios
-
Gids betrek ouers, onderwysers by kinderkerkbediening
12/12/2024 Duração: 18min"Om die jonges te bereik is ʼn spansport. Ons het die onderwysers, ouers en Sondagskoolwerkers nodig.” Maroela Media
-
Luister | Waarskuwingstekens oor kindermishandeling
12/12/2024 Duração: 13minDit is baie anders om kinders te help, as volwassenes, want die Kinderwet speel ʼn rol. Daar is sekere waarskuwingstekens waarna ʼn mens moet kyk, maar wanneer jy bekommerd oor ʼn kind is, is dit die veiligste om direk met ʼn maatskaplike werker kontak te maak. Maroela Media
-
Luister | Is welsyn ʼn nuttelose situasie?
12/12/2024 Duração: 10minIs hulp ʼn nuttelose situasie? Die kort antwoord is: Nee, dit is nooit nutteloos nie. Ons het die roeping om ander te help, en dit is ons verantwoordelikheid om ander te help – maar dit moet met ʼn plan wees. Maroela Media
-
Luister | Soms is help sleg
12/12/2024 Duração: 08minIs dit moontlik dat hulp soms meer skade doen as skade verlig? Dit is die vraag wat bespreek word. Ongelukkig het mense van nature die wil om te help, maar hierdie hulp moet nie die persoon wat jy help afhanklik maak nie. Wanneer ʼn persoon op ʼn negatiewe manier gehelp word, al is die bedoelings goed, word hulle selfbeeld negatief aangetas en beperk ons hulle vermoë om self uit die moeilikheid te kom. Maroela Media
-
Luister | Leer jou kind om te help
12/12/2024 Duração: 11minEnigiemand het die vermoë om te kan help, maar hulle kort soms leiding om reg te help. Soos die Engelse spreekwoord lui: Charity begins at home. Jy moet jou kinders leer om in hulle onmiddellike omgewing verantwoordelikheid te neem. Maroela Media
-
Robbie Kruse ‘Klein paradys’ se rasieleier
11/12/2024 Duração: 16minRobbie is ʼn besige man – hy was nog altyd iemand wat sy oog op die volgende uitdaging gehou het. Maroela Media
-
Hoe lyk my Nuwejaarsvoorneme as Christen?
09/12/2024 Duração: 14min“Dit sal interessant wees om te sien hoeveel mense die Here oor Nuwejaarsvoorneme raadpleeg.” Maroela Media
-
Niks nuuts in tweede ‘Moana’
05/12/2024 Duração: 01minSoms dink ʼn mens: Kyk ek nou na “Moana”, of is dit “Moana 2”? Maroela Media
-
Prioritiseer só jou gesin se geestesgesondheid
04/12/2024 Duração: 12min“Mense gaan baie maklik vir hul jaarlikse ondersoek na ʼn dokter toe om te sien of alles nog reg is. Niks keer jou om dieselfde met jou geestesgesondheid en verhoudings te doen nie.” Maroela Media
-
Huwelik inspireer nuwe Deon Groot-snit
04/12/2024 Duração: 09min“ʼn Verhouding moet ʼn bietjie spelerig wees, en ek het sommer vir skoonma en -pa ook by die liedjie ingegooi.” Maroela Media
-
Gospelsanger deel hoop, bemoediging in Kersseisoen
04/12/2024 Duração: 15minAs geestelike leier meet hy nie die sukses van sy musiek aan die toekennings of benoemings wat dit ontvang of speellyste waarop dit koning kraai nie. Vir hom is die maatstaf eerder of God deur sy musiek in mense se harte kan werk. Maroela Media
-
Leah, Marno van der Merwe eersdaags in prettige pantomime
03/12/2024 Duração: 08minDie gewilde sangeres Leah vertolk die rol van Aspoestertjie, terwyl Marno van der Merwe as die prins en Carmen Pretorius as die bose stiefma te siene is. Maroela Media
-
'Brannewynlippe’-sanger praat oor pa word, sosiale media
30/11/2024 Duração: 17minHy het pas sy jongste enkelsnit, “Yskoue bier”, uitgereik. Maroela Media
-
Hoe behoort Christene Kersfees te vier?
27/11/2024 Duração: 15min“Die tyd rondom Kersfees is ʼn gulde geleentheid om stil te raak en oor jou eie geloofslewe te besin. Dink hoe jy jou geloof kan versterk, nader aan God te leef, en hoe jy ander kan dien.” Maroela Media
-
‘BSV’ ʼn ‘gebedsaak’ vir nuwe aanbieder Reandi Grey
22/11/2024 Duração: 16minDie krulkopaktrise het in Maroela Media se ateljee gesels oor haar nuwe rol as aanbieder van ‘Boer soek ʼn vrou’. Maroela Media
-
Kom só jou fiksheidsvoorneme na
22/11/2024 Duração: 11min“Dis belangrik om iets te kies wat jy geniet om te doen en om realistiese doelwitte te stel.” Maroela Media
-
Liefde blom ‘onverwags’ vir rocker, aktrise
22/11/2024 Duração: 19minDie uitkoms van hierdie “lang gewag” word nou boonop in ʼn nuwe lied, en Ard se Afrikaanse enkelsnit, “Die Rede” vasgevang en gevier. Maroela Media
-
‘Geloofsbroers’ Retief, J Ross aanbid saam deur musiek
21/11/2024 Duração: 12min“In ons tale en verskille kan ons een in Christus wees,” sê Retief. Maroela Media
-
Liefdesverhaal vervat in duo Skemer se musiek
19/11/2024 Duração: 08min“Ons het in die ateljee ontmoet, en dit het net een soen gevat toe is ons verlief. Agt maande later is ons getroud.” Maroela Media
-
Geen kind behoort oor Kersfees alleen te wees
18/11/2024 Duração: 13minElizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die Children at Christmas-veldtog. Sy deel die getuienis van Moryom, ʼn Christen-kind in Bangladesji wat weens haar geloof in Jesus, vervolging ervaar het. Maroela Media